Daar is twee temas:
- Ander Natuurwetenskappe soos geologie, argeologie, sterrekunde, ens. - alles om ons en hulle interafhanklikheid
- Ekologie - ons invloed op alles om ons: ander organismes en die omgewing
Ons Visie:
Om ons vriende bewus te maak van die natuur om ons, hoe dit ontstaan het, waarheen dit as gevolg van ons invloed daarop op pad is en wat ons kan doen om alles vir ons kinders en hulle kinders te bewaar.
Ons Missie:
Om deur middel van uitstappies, lesings deur kundiges, projekte in die omgewing, naweke weg, inligtingstukke, videos, ens. ons vriende:
- Bloot te stel aan die natuur en ons invloed daarop
- Gebruik en misbruik te indentifiseer
- Besparingsmaatreëls voor te stel en aktief daarby betrokke te raak
Kom ons stel jou nou aan die leiers voor (in van orde):
Celia Basson - verantwoordelik vir die Ekologie tema.Hester Fisher - verantwoordelik om nuwe besoekpunte te identifiseer asook die beplanning van besoeke
Anlia Naude - verantwoordelik vir alle kommunikasie, verspreiding van inligting, aankondigings, instandhouding van hierdie 'blog', ens.
Johan Serfontein - verantwoordelik vir die Ander Natuurwetenskappe tema.
Lees asseblief hierdie 'blog' met 'n glimlag want dinge word partykeer met die tong in die kies gesê.
En as jy tyd het kom sluit gerus by ons aan.